2 Korinthiërs 5:16-21

BETROUBAAR.

2 Korinthiërs 5:16-21: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (vs. 21)

In ‘n pamflet, onder die titel Could Our Lord Have Sinned? vertel dr. I. M. Haldeman van ‘n toneel tussen die berge van die staat New York. ‘n Treinbrug is oor ‘n diep afgrond, eintlik ‘n kloof, honderde meters diep, gebou. Op ‘n dag hoor hy die eerste trein wat die brug nader. Hy doen moeite om naby te gaan staan en hy sien ‘n gelaaide vragtrein met twee massiewe lokomotiewe vooraan, stadig die brug nader. Hy skryf: “There was a sharp challenging whistle, then the brakes crashed down, and the two great machines came to a standstill. There they waited for fully half a day right in the centre of the bridge, with their great tons of iron quivering and beating and the bridge beneath like a great spider’s web supporting them. They were there to demonstrate the strength of the bridge, to show there was no weakness in it; but that it was able to bear up under the greatest test put on it, and so was worthy of the fullest trust on the part of man.” Dr. Haldeman maak hieruit ‘n toepassing op die betroubaarheid van die Here Jesus Christus vir ons in ons versoekings en sondes.

Hy brei uit op die versoekinge en toetse waaraan Jesus as die gewone man, Jesus van Nasaret, onderworpe was en nooit gestruikel het nie. Hy skryf: “He was tempted and tried and tested at every point to prove and demonstrate… that we might see Him as the majestic, unbreakable bridge across the deep chasm of sin and death, and so fling ourselves without reserve, and in unhesitating confidence upon Him as the One and all supreme object of our unfaltering faith and profound adoration.”

Nooit het Jesus iemand verwerp of iemand teleurgestel nie. Selfs toe die moordenaar aan die kruis hom tot Jesus wend, het hy gehoor: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Die skrywer aan die Hebreërs skryf: “Die hoëpriester wat ons het, is nie een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word” (Hebreërs 4:15,16).

Here, vandag kom ek met my behoeftes na U toe, in Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *