2Kor 5V14-17

Baie dankie vir al die Lente dag wense gister – dit het gevoel of
ek weer verjaar. Julle is so oulik. 
Woensdag 2 Sept. 2015 Tema: Ons behoort aan Hom 3
****My eie woorde
**** Dit is weer Lente die Winter is verby!!! Dis of alles mos
sommer nuut en vars is die tyd van die jaar. Die voëltjies begin al
vroeër in die bome kwetter en ek sien die geelvink mannetjies het
reeds hulle vrolike geel en rooi veredos aan….dit laat my
spontaan dink aan die liefde van Christus. Wanneer die sélf in my
dood is kom daar iets nuut en vars te voorskyn…omdat Sy liefde
ons nie DWING nie …nee, Hy is ‘n ware Heer, Sy liefde DRING
ons en dis onweerstaanbaar. Vanoggend sê die HERE vir jou “ Jy
is meer werd as baie mossies”
2Kor 5V14-17
14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig
gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat
almal gesterwe het.15 En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié
wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom
wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens
menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens
menslike maatstaf
beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie.
17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die
oue is verby, die nuwe het gekom.
Matt.10:29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En
nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
V31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie
mossies.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Sept. 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Daleen Barnard 2 Sept.
Hanlie Lotter 2 Sept.
Sandra Jacobs Sept 2
Johan de Jonge 2 Sept
Jy mag ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *