Calamari met tamatie

Bestanddele
2 blikke gekapte tamaties
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 gekapte ui
250 ml witwyn
1 kg calamari, ringe en tentakels
Sout en vars gemaalde swartpeper

Metode
Gooi al die bestanddele, behalwe die calamari, in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt, bedek en laat kook vir ten minste 1 uur. Voeg nou die calamari by en laat vir nog 1 uur kook. Dien op saam met Franse brood.

Genoeg vir vier.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 240 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *