Efesiërs 5:6-20:

IN VOLLE LIG.

Efesiërs 5:6-20: “Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is….en Christus sal jou lewe verlig” (vs.8,9,14).

‘n Insident in Lord Tennyson se lewe, toe hy nog as Poet Laureate, bekend was, word deur Gospel Herald vertel. Hy het eendag saam met ‘n vriend in dié se tuin geloop en na die blomme en plante gekyk, terwyl hulle oor allerlei belangrike, huidige gebeurtenisse gesels. Die vriend, ‘n toegewyde Christen, het geloop en soek na ‘n geleentheid om met Tennyson oor sy verhouding met die Here Jesus Christus te praat. In ‘n stil moment van hulle gesprek neem hy die digter aan die arm en vra sag: “Wat dink jy van Jesus Christus?” Gospel Herald skryf: “Tennyson pointed to a flower blooming in all its beauty by the pathway and said: ‘As the sun is to that flower, so Jesus Christ is to me.'”

Die Heilige Gees dra geestelike energie en warmte en liefde van die Here Jesus oor na ons harte, soos die son daardie blom laat blom en bloei het. Ons stiltetyd en openheid vir die werking van die Heilige Gees deur God se Woord in ons hart, is noodsaaklik in ons lewens.

Here, vandag is U my krag en oorwinning in jesus naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 22 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *