Gebakte skulppasta met vier kase

Bestanddele
250 g skulppasta
150 g repies spekvleis (opsioneel)

WITSOUS MET PESTO
25 ml botter
30 ml koekmeel
500 ml warm melk
sout en witpeper na smaak
40 ml basiliekruidpesto

KAASMENGSEL
250 ml gladde maaskaas
100 g simonzola of gorgonzola (bloukaas), gekrummel
250 ml gerasperde cheddarkaas
250 ml gerasperde mozzarellakaas

Metode
Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n diep oondvaste bak met botter. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer, spoel met warm water, dreineer weer en hou eenkant.

Braai die spek in ’n droë pan oor matige hitte tot bruin en bros. Kap of breek dit in stukkies.

SOUS
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die meel in en kook 1 minuut terwyl gedurig geroer word. Giet die warm melk geleidelik by en kook tot die witsous gaar en dik is. Geur met sout en peper en roer die basiliekruidpesto deur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 173 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *