GROENTE MOUSSAKA

Ingestuur deur Tersia

Uit: Huisgenoot Wenresepte

Heerlik saam met braaivleis of enige vleisdis.

Tamatiesous
500g Tamaties (Geskil)
25ml Margarien
2 – 3 Knoffelhuisies – Gekneus
250ml Vleisaftreksel (Blokkies)

Kaassous
3 Eiers (Geklits)
200ml Room
100ml Parmesaan- of Cheddarkaas (Gerasper)
Sout en Peper na Smaak

1 Groot Eiervrug
6 Murgpampoentjies
2 Middelslag Uie (Gekap)
250g Vars Sampioene (Gewas en Gekap)
Kookolie vir Braai
Sout en Peper na Smaak

Metode

Sny tamaties fyn, voeg botter, knoffel en aftreksel by en kook sonder ‘n deksel tot ‘n dik sous. Meng eiers, room, kaas en geurmiddels deeglik. Sny eiervrug en murgpampoentjies in stukkies en soteer saam met die uie en sampioene in kookolie tot net sag. Geur met sout en peper. Stel oond op 180°C. Skep eiervrugmengsel in oondvaste bakskottel en bedek met tamatiesous. Gooi roomsous bo-oor en strooi nog ekstra kaas oor indien verkies. Bak ‘n uur of tot gaar en goud-bruin bo-op. Lewer ongeveer 4 – 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 758 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *