Herderspastei met patatbolaag

Ongelukig kan ek nie onthou wie het die resep ingestuur nie.

Bestanddele
1 Eetlepel sonneblomolie
500g Maer maalvleis
1 Groot ui gekap
3 ml Gemaalde knoffel
2 Gerasperde wortels
1 x 410g Blik gekapte tamaties
1 x 410g Blik bone in tamatiesous
10 ml Droë origanum
20 ml Suurlemoensap
5 ml Swartpeper
1 Koppie gemengde groente, afgespoel
3 Groot patats geskil en kwarte geny
½ Teelepel sout
2 Eetlepels warm laevet melk
½ Teelepel neutmuskaat

Metode:
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die vleis bruin. Skep uit en gooi oortollige vet af. Verhit die res van die olie en braai die ui, knoffel en wortels sag. Voeg die tamaties, maalvleis, bone en kruie by. Plaas deksel op en prut vir 20 minute. Geur met die suurlemoensap en swartpeper. Roer die gemengde groente by en skep in ‘n oondbak. Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas intussen die patats, sout en genoeg water om te kook in ‘n kastrol en kook tot sag. Dreineer en druk die patats fyn met aartappeldrukker. Roer die melk en neut by en smeer oor die gereg. Bak vir 30 minute en bedien met ‘n slaaai van jou keuse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 482 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *