SKILLIE SE VISSOP MET GARNALE;

Ingestuur deur Skillie

BENODIG;
1 X TEELEPEL OLYFOLIE
1 X UI FYNGEKAP
1 X KNOFFELPOEIER
10gr GEMMER POEIER
150ml WITWYN
500ml GROENTE AFTREKSEL
400gr GEBLIKTE PASSATA OF DEURGESIFTE TAMATIES
8 X TAMATIES SADE VERWYDER
BIETJIE SUIKER
1 X TEELEPL ROOIPEPER
300gr BROKOLI FLORETTE
250gr GARNALE SKOONGEMAAK EN DOPPE AF
400gr VISBLOKKIES IN HAP GROOTTE GESNY
½ EETLEPEL SUURLEMOENSAP
VARS BASIEL VIR GARNERING.
BIETJIE VARS ROOM

METODE;
1) VERHIT DIE OLIE EN BRAAI DIE UI TOT DEURSKYNEND VOEG NOU
DIE KNOFFELPOEIER EN GEMMERPOEIER BY EN ROER DEUR
2) VOEG NOU DIE TAMATIE PUREE EN WITWYN ASOOK DIE GROENTE
AFTREKSEL BY ROER DEUR.
3) ROER NOU DIE PASSATA EN TAMATIES BY GEUR MET DIE
ROOIPEPER, KNIPPIE SOUT EN DIE SUIKER BY
SKEERPOORT SKILLIE
SKEERPOORT SKILLIE
4) PRUT VIR 20 MINUTE OOR LAE HITTE TODAT TAMMATIE OPBREEK
EN FYNKOOK, ROER VOORTDUREND, VOEG NOG GROENTE
AFTREKSEL BY INDIEN NODIG.
5) BRAAI DIE GARNALE TOT PIENK (AMPER GAAR) HOU EENKANT.
6) PLAAS DIE BROKOLIE IN KASTROL EN BRING TOT KOOKPUNT,
PLAAS DIE GARNALE BO-OP OM SAAM MET DIE BROKOLIE TE
STOOM., ONGEVEER 5-8 MINUTE.
7) BRAAI DIE VIS LIGGIES OOR LAE HITTE TOT GAAR, VOEG NOU BY
DIE SOPMENGSEL EN KOOK OOR LAE HITTE VIR ONGEVEER 5
MINUTE (MOENIE KOOK NIE)
8) BEDRUIP DIE GARNALE EN BROKOLIE MET DIE SUURLEMOENSAP
EN GEUR MET ‘n KNYPIE SOUT.
9) PROE OF DIE SOPMENGSEL SOUT GENOEG IS NA SMAAK
10) VOEG NOU DIE BROKOLIE EN GARNALE BY DIE SOPMENGSEL.
11) KLOP ROOM TOT STYF.
12) SKEP IN SOPBAK BO–OP DIE SOP
13) GARNEER MET DIE BASIELKRUID
14) BEDIEN MET VARS SNYE BROOD.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 124 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *