TIPES VAN CHRISTUSSE: JOSEF.

TIPES VAN CHRISTUSSE: JOSEF.

Josef is een van die maklikste persoonlikhede om te vergelyk met Christus. Hy is as een van die broers verwerp en hulle wou hom al doodmaak toe hy nog jonk was.

Hy gaan dan ook na ‘n vreemde land toe en gee sy lewe, sodat die volk van God gered kon word. Hier kom hy en word as die prins gesien. Hy word in die paleis aanvaar as die tweede in bevel onder die Farao.

Nou nie dat Jesus tweede in bevel op aarde is nie, maar dat ook Hy Sy lewe gegee het dat Sy volk, die hele mensdom, gered kon word. Hy is ook die Prins in die Koninkryk hier op aarde.

Soos Josef, het Sy broers Hom ook eers nie geag nie en moes/wou hulle ook later hulle knie voor Hom buig. Josef sterf dan as messias van sy volk en hy kry ‘n ereplek in die argiewe en sy beendere word saamgeneem na die beloofde land, dit bly nie agter in Egipte nie.

Jesus word ons Messias en Hy kry ‘n ereplek. Daar is wel geen beendere wat agterbly nie, Hy vat hulle sommer self na die beloofde land – die hemel, om te sit aan die regterhand van die Vader.

Dankie, Vader, dat Josef vir ons so ‘n mooi voorbeeld kon stel en dat daar so baie dinge was wat ons in hom kon sien, wat ons aan Jesus herinner. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 127 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *