Lukas 6:46-49

ROTSVAS.

Lukas 6:46-49: “Elkeen wat na My….luister…is soos ‘n man wat..by die bou van sy huis…die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe…die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie…” (vs. 47,48).

In The Dawn skryf Samuel Rutherford: “Believe God’s love and power more than you believe your own feelings and experiences. Your Rock is Christ, and it is not the Rock which ebbs and flows, but your sea (your emotions).”

Die duiwel het baie soorte versoekinge om ons mee te pootjie. Een is: om ons op ons gevoelens te wys, sodat ons ons oë van Christus en Sy beloftes af moet wegneem en ons ons geloof verloor.

Tydens ‘n diensreeks het ‘n man een aand na ‘n kragtige preek tot bekering gekom en vol vreugde huis toe gegaan, vertel A. E. Janzen. Die volgende aand was hy terug by die prediker. “Gisteraand was ek vol vreugde en nou is alles weg. Dis vir my pikdonker.” “Ek is so bly,” antwoord die prediker tot sy skok. “Wat bedoel u?” vra hy. “Gisteraand het God vir jou vreugde gegee. Hy sien toe hoe jy op jou emosie staatmaak. Hy het die vreugde nou weggeneem, dat jy ‘n gelowige hart na Jesus toe kan draai. Het jy ooit deur ‘n tonnel gery?” “Ja, dikwels.” “Het jy geskrik toe alles donker word?” “Nee, natuurlik nie. Ek het mos geweet ek sal weer in die lig uitry.” “Het dit toe weer lig geword?” “Ek is nou terug in die lig,” roep hy uit. “Alles is reg. Gevoelens of nie gevoelens nie!”

Ons reddingsekerheid rus op God se beloftes oor ons Verlosser Jesus Christus se kruisdood. Het jy in Hom as Verlosser vertrou? Rus dan op die rots van God se Woord, gevoelens of nie gevoelens nie!

Here, vandag glo ek U dat U my gered het in Jesus naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 234 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *