Ps. 109:22

****My eie woorde
****Ons staan almal behoeftig voor die HERE. Ek het ’n deel op
Face book geplaas maar plaas dit weer onder “Terugvoer” vandag
Indien die Heilige Gees jou oortuig om deel te wees laat my gerus
weet.
Ps. 109:22
Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my
binneste.
Ps. 140:12 (140:13)
Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van
die behoeftiges sal behartig.
Matt 7
9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood
vra, aan hom ʼn klip sal gee;10 en as hy ʼn vis vra, aan hom ʼn slang
sal gee? 11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan
julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die
hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!12 Alles wat
julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet
julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is
die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
GETUIENISSE en TERUGVOER
“Goeienaand almal, vanmôre op pad werk toe, hoor ek die nood van
droogte oor ons land. Die Heilige Gees lê dit op my hart dat ons weer ‘n
dag van vas en gebed moet hê. Indien jy nog nooit gevas het nie, maar jy
ervaar jy wil ook deel wees om ons voor ons Skepper te verootmoedig,
stuur ‘n epos met die opskrif Vasdag, aan blye.versekering@gmail.com
Die datum om te vas is 21Okt.2015 Ek begin die 20ste met sononder tot
sononder 21ste. Daar is verskeie maniere en tye van vas maar dit is
volledig in die opsomming op aanvraag. Kom ons stem saam in gebed
teen die moord en doodslag van God se kinders en smeek vir reën op
hierdie dorre aarde. Kom ons elkeen bely ons sonde in die volgende paar
dae en volgende Woensdag bid ons almal saam. By jou huis, of by jou
werk of saam met iemand, net soos jy gedring voel. Ek vra 50 siele om
saam te vas en sal julle hier op hoogte hou.”
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Oktober 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Ansa Meyer 15 Okt
Rentia Rheeder 15 Okt.

Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *