Biltongtert

Bestanddele

1 rol gekoopte skilferkors, ontvries
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie nat of droog beesbiltong, in skywe gesny
2 wiggies fetakaas, gekrummel
swartpeper
4 eiers, geklits
375ml room

Metode
Voer ‘n glasbak uit met die skilferkors. Sprinkel die cheddarkaas op die bodem. Bedek met die biltong en dan die fetakaas. Gooi baie swartpeper oor. Meng die eiers en room en voeg bo-oor. Sprinkel weer so bietjie cheddarkaas oor en ook biltong. Bak in oond teen 180 grade vir ‘n halfuur

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 436 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *