Dagwood

Bestanddele
3 eetlepels mayonnaise
1 teelepel korrelmosterd
1 knoffelhuisie, fyngekap
handvol pietersielie, grofgekap
sout en swartpeper
3 snye brood, gerooster
3 slaaiblare
1klein tamatie, in skywe gesny
boerewors, gebraai en in ringe gesny
2 repe brosgebraaide spek
1 gebakte eier
¼ ui, grofgekap en sag gebraai
beleë cheddarkaas, gerasper

Metode
Meng die mayonnaise, mosterd, knoffel en pietersielie saam en geur met sout en swartpeper.
Smeer een kant van elke sny brood met die sous. Begin deur die slaaiblare, tamatie en boerewors op die eerste sny brood te pak. Volg met die tweede sny brood en skep die spek, eier, uie en kaas daarop.
Plaas die derde sny brood daarop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 764 times, 2 visits today)
Advertisements

One thought on “Dagwood”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *