Gemarineerde tamaties

Bestanddele
400 g verskeidenheid ryp tamaties
250 ml (1 k) witwyn
80 ml (¹⁄³ k) witwynasyn
2 stukke suurlemoenskil
15 ml (1 e) strooisuiker
30 ml (2 e) olyfolie
3 takkies elk vars orego, tiemie en roosmaryn
5 ml (1 t) swartpeperkorrels
sout na smaak
Metode
Sny ’n kruisie aan die onderkant van die tamaties, sit in ’n groot bak en gooi kokende water daaroor. Laat staan vir 1 min. Haal uit, sit in ’n bak yswater en trek die skilletjies versigtig af. Meng die res van die bestanddele saam. Gooi oor die tamaties en marineer vir minstens 30 min. Sit in ’n glasbak of bottel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 162 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Gemarineerde tamaties”

  1. Dankie vir hierdie resep, Liplekker, dis regtig iets verfrissend anders! Kan nie wag om hierdie resep te maak nie! Het tamaties geplant vir n vale. Weet iemand dalk hoe lank dit gebere kan word?
    Groete van huis tot huis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *