Groente Kerrie ~ Onbekend

Bestanddele
3 groot wortels, opgesny
4 aartappels, opgesny
1 groot ui, opgesny
1 pak vars gesnyde groente (botterskorsie of pampoen)
2 koppies rys
1 teelepel borrie
2 eetlepels medium kerriepoeier.
sout, na smaak

Metode
Braai die ui tot bruin en sag. Voeg die aartappels, borrie, kerrie en wortels by en prut stadig. Voeg later die botterskorsie by anders kook dit te pap. Kook die rys met sout en spoel af met skoon water.
Bedien saam met komkommersambal.

Wenk:
Die kerrie kan as ‘n bykosgebruik word by hoender of lamvleis. Jy kan ook ‘n pak gevriesde ertjies aan die einde bygooi om die hoeveelheid te vermeerder.

Variasies:
Gebruik hoender, lam of maalvleis as jy dit nie vegetaries wil hou nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 452 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *