Is jy Gered

1
Is jy gered?
Ek vra jou: Is jy gered?
Jy antwoord dalk: Van wat? Wat beteken dit?

Ek vra jou verder: Weet jy dat God regtig bestaan, dat Hy intens lief is vir jou en dat Hy ‘n dringende
begeerte het om ‘n persoonlike verhouding met jou te hê? Hy ken jou, en Hy wil naby jou wees en
Homself in Sy liefde vir jou wys. Ken jy Hom? Is jy gered?
Jy antwoord dalk: Ek weet nie, gered van wat? Wat bedoel jy met “gered”? Gered van wat nogal? Wat
sê jy? God soek my? Wat?

Ek: Gered van die dood, die doderyk en die hel, van sonde, siekte, seer en verdrukking in hierdie
wereld, van die oordeel van God – dis van wat. ‘n Ewigheid verwyderd van God af – dis wat almal
sal ontvang wat nie gered is nie – dis wat die hel is, ‘n regte fisiese plek. Maar niemand hoef soontoe
te gaan nie, hulle hoef net werdergebore te raak. Jesus Christus het daarna verwys as “om weer
gebore wees” (born again). Is jy al wedergebore?
Jy: Wedergebore? Bedoel jy bekeerd? Ag man, los my net uit, ek het my kerk. Ek stel nie belang nie
hoor, maar baie dankie, lekker dag verder.

Ek: Wag! Nie so vining nie! Het die kerk vir jou sonde betaal? Het jou kerk of jou dominee aan die
kruis gehang namens jou? Verander jy in ‘n hamburger omdat jy in McDonalds sit? Of verander jy
dalk in ‘n kar omdat jy in jou garage geslaap het? Hoekom sal jy dink om kerk toe te gaan is wat jou
sal red op oordeelsdag? Hmm? Dink bietjie na oor dit.
Ek hou aan: Die prys om jou te koop is reeds ten volle betaal. God het reeds betaal vir jou om vry te
wees, om gesond te wees, om te mag in oorwinning leef, om Hom te mag ken. Dit is reeds gedoen
namens jou en vir jou. Weet jy dit? Het iemand jou al ooit vertel? Jy is alreeds vry gekoop en die
prys is klaar reeds namens jou betaal. Hy wag net vir jou om dit te besef en te ontvang. Dit is gratis
en verniet. Dit is een keuse ver van jou af.
Jy: Ag regtig! Whatever! Julle ouens met die Bybels onder die arms maak my siek! Julle is niks
heiliger as ek nie, wat laat jou dink jy is beter as ek? Ek het jou al gesien bier koop by die
drankwinkel! Ek ken jou kar ook – het jou al gesien oor die stopstraat ry! Wat maak jou so spesiaal
anyways? Ek het nie jou of jou kerk stories nodig nie man! Asseblief! Gaan net weg!

Ek: Okay. ek sal jou uitlos – maar eers moet jy my kans gee om die volgende by jou te los – want
God gaan jou nie uitlos nie. Nie vandag nie, en nie more nie, en nie enige dag van die res van
jou lewe nie. Hy gaan aanhou om jou te kom herinner met hierdie issue tot jy Hom hoor. Dit mag jou
dalk skok, maar wat jy van my dink – is heeltemal irrelevant vir my. Ek stel belang in wat Hy dink van
my, en Sy direkte opdrag aan my persoonlik was om met jou te kom praat oor hierdie “weer gebore”
keuse. Gee my net 5 minute – ek belowe ek los jou uit daarna en sal jou nie weer kom pla nie, hoe
klink dit vir jou? Vyf minute – jy het niks om te verloor nie.
Jy: Vyf minute – that’s it! Wat bedoel jy met Hy het jou persoonlik opdrag gegee? Waarvan praat jy?

Ek: Nie so baie lank terug nie – was ek in jou skoene. Hierdie mense wat so praat het my net so
gepla en irritteer. Ek was ‘n amptenaar in die kerk gewees, maar daar was ‘n dag wat Hy my kom
ontmoet het. Dit was ‘n dag wat ek geweet het – dis nou tyd om te . Ek het kies gekies, en Hy het
my gevra om Sy boodskap met jou te kom deel, omdat Hy vir jou omgee, meer omgee as wat ek in
woorde kan beskryf. God die Vader soek jou, Hy wil jou hê! Hy ken jou beter as wat jy jouself
ken – Hy het gesien hoe word jy gevorm in jou ma se moederskoot. Hy ken jou elke gedagte. Hy
sien jou elke aksie, en hoor jou elke woord – en Hy is lief vir jou met ‘n liefde wat alle verstand te
bowe gaan. God se dringende behoefte is om Sy Heilige Gees binne in jou gees te laat kom woon,
jou ‘n nuwe wedergebore gees te gee en jou deel te maak van Sy Koningkryk sodat jy vir ewig Hom
persoonlik sal ken en eendag na hierdie lewe verby is, voor Hom sal kan staan en Hom in Sy
Vaderliefde vir jou sal kan ken, van aangesig tot aangesig. Hy smag na jou! God is liefde! Dis nie
net iets wat Hy doen nou en dan nie – Hy IS liefde! Hy is so ernstig dat Hy reeds voor die aarde
gemaak was geweet het Hy sal moet aarde toe kom om vir jou en my en almal se tekortkominge te
kom betaal – en Hy het dit gedoen. Hy het Sy seun Jesus Christus gestuur om alles wat fout
was, alles wat skeiding gemaak het tussen jou en Hom te kom weg vat. Hy het dit reeds gedoen, en
Hy wil hê dat jy dit net moet ontvang. Hoe klink dit?
Jy: Duidelik ken nie jy, of God my baie goed nie! As God my so baie laaik hoekom gaan dinge so rof
in my lewe? Hoekom is daar so baie misdaad en hartseer oral om my? Hoe is Hy ‘n God van liefde
en laat sulke dinge toe?

Ek: Dis waar jy verkeerd verstaan. In hierdie aarde is dit nie net ek en jy en God nie – daar is ‘n
duiwel ook, en hy is baie besig en dis hierdie satan wat verantwoordelik is vir al die lelike dinge wat
ons ken – dis nie God se skuld nie. Mense word kwaad vir God, maar dis nie Hy nie. God het die
aarde gemaak en vir Adam, die mens, gegee, maar die duiwel het dit kom steel by ons met die
sondeval. Die wereld is onder die invloed van die duiwel. Maar wanneer jy God se Gees toelaat om
in jou te kom woon, dan kry jy Sy gesag en Sy krag om oor die duiwel te heers en bo-oor al sy
planne en boosheid te kan leef in hierdie wereld. Net soos Jesus die duiwel oorwin het aan die kruis
sal jy ook oorwinning ken deur hierdie Jesus wat in jou kom woon. Ons almal verdien oordeel
en die hel – dis ons erfporsie. Daar is nie een beter as die ander nie – ons almal is verlore en verdien
op meriete om verwyderd van God te wees. Maar God het die problem reeds kom oplos.
Jy: Uhm, okay, as jy sê. So, as Hy die probleme reeds opgelos het, wat wil jou nou hê moet ek doen
aan dit?

Ek: God die Vader forseer nie enige iemand om Sy reddingsplan, en Sy manier van lewe te aanvaar
nie – dis jou Hy wil jou Vader wees, omdat jy kies om Sy kind vrye keuse. te word. Dis ‘n
liefdesverhouding, nie ‘n vrees verhouding nie. Jy moet ‘n keuse maak om dit te aanvaar.
Jy: Okay, so hoe doen ek dit? Wat van al die Sondagskoolklasse en belydenis aflê en so aan? Sê jy
dan al daai dinge tel vir niks?

Ek: Daar is niks fout met daardie goed nie, maar hierdie wedergebore ervaring vind plaas in jou
gees, nie in jou liggaam of in jou verstand waar jy enige merke of teken kan sien as bevestiging dat
dit al gebeur het nie. Om wedergebore te raak is nie gebaseer op tradisie en gebuike van mense of
kerke nie. Dis ‘n persoonlike keuse in geloof. Dit gebeur binne in jou, nie buite in ‘n gebou of so iets
nie. Jy kies net vir Hom, en Hy sal die res doen, Hy staan reg om dit nou hier te doen.
Jy: Rerig? Net twee keuses? Wat as ek dink daar is meer opsies as net daai twee keuses van jou?
Wat laat jou dink net jy en God is reg, wat van al die ander gelowe? Wat as ek nie nou lus voel om vir
jou storie te kies nie? Wat gaan jy dan doen?

Ek: Dan draai ek om en gaan weg, soos ek jou belowe het, maar weet dit – al los ek jou uit, God
gaan jou nie uitlos nie. Hy wil jou hê. Jy kan my wegwys, maar Hy sal weer na jou toe kom deur
iemand anders. Kom ons sê jy wil vir my kom kuier by my huis en ek gee vir jou detail aanwysings
hoe om daar uit te kom, maar jy, besluit jy gaan jou eie kop volg en heeltemal jou eie paaie ry na
waar jy dink ek bly. Wat dink jy is die kans dat jy by my huis gaan uitkom? Netso weet God die Vader
waar Sy huis, die Hemel is, en Hy weet hoe om daar uit te kom. Sy wil is dat jy ook by Hom
moet uitkom, en Hy weet waar jy bly, dis hoekom Hy my gestuur het om jou te kom help verstaan
presies hoe om by Sy huis uit te kom. Jy kan kies wat jy wil, dis jou reg, maar jy is groot genoeg om
te weet daar is gevolge vir ons keuses. Jy kan kies om weg te loop en Hom te ignoreer, en as jy
aanhou om daardie keuse te maak, en aanhou en aanhou en bly uitstel is die kans redelik goed dat
jy by ‘n ander huis as God se huis gaan uitkom eendag. Stem jy saam? Wat het jy om te verloor?
Hoor Hom eers en dan maak jy jou keuse na dit, wat sê jy?
Jy: Okay, so hoe sal ek weet dan? Hoe gaan ek weet dit het gewerk? Hoe gaan ek kan weet of ek
“wedergebore” geraak het?

Ek: God het belowe dat Hy jou sal red op die dag wat jy in jou hart glo en met jou mond dit sê
– “Ek glo dat dit wat Jesus Christus reeds gedoen het om my te red is genoeg.” Dit is Sy
belofte en Hy kan nie lieg nie. Solank as wat jy opstaan en die oggend-son kom nog op en die son
draai nog om die aarde – kan jy maar weet – Hy lieg nie en Hy hou Sy Woord. Jesus het reeds
betaal vir jou om gered te kan wees – maar jy moet dit aanvaar en jou eie maak.
Jy: Maar, hoe verwag jy ek moet dit net so vat? Dis so vreemd van alles wat ander mense my al
vertel het.

Ek: Ek weet, dis hoekom ek jou gesê het Hy gaan jou nie uitlos nie, want Hy is lief vir jou en sal
alles doen wat nodig is om jou aandag te kry. Dalk was jy nog nooit seker of jy gered is nie, en dalk
het niemand nog ooit die hele saak mooi duidelik vir jou gemaak voor vandag nie. God wil nie hê
dat enige mens verlore moet gaan nie. Hy wil nie hê dat jy of ek moet verlore gaan nie. Dis
persoonlik, dis nie wyd en algemeen nie – Hy soek jou! Hy wil in JOU kom woon en jou die
ewige lewe gee. Hy het gesterf sodat JY kan lewe! Hy wil JOU hê!
Jy: Maar ek verdien dit nie! Hoe kyk ek Hom in die oë? Jy ken nie my verhaal nie ou maat, daar’s
baie dinge…

Ek: Jy is reg – jy verdien dit nie. Ek ook nie. Niemand het dit al ooit of kan dit ooit verdien nie – dis
vrylik Sy keuse om ons te kies. Hy het ons almal gekies. Hy het gekies om die prys te betaal
namens ons. Hy het gekies om ons sonde op Sy seun Jesus te laai sodat ons kan vry wegloop.
Jesus het dit nie verdien nie – dit was “unfair” – Hy het nie verdien om verdoem te word, aan die
kruis te sterf en vir drie dae lank in die hel gemartel te word nie – Hy het dit nie verdien nie. Maar Hy
het dit gedoen – vir jou en vir my en vir elke mens. En na drie dae het Hy weer opgestaan uit die
dood uit – want Hy was onskuldig, die dood en die doderyk kon Hom nie hou nie. Ons is skuldig,
maar Hy het betaal. Hy het niks van dit verdien nie – maar Hy het dit gedoen. En hy vra vandag
vir jou om iets vir Hom te doen – glo net. Glo net, dis al wat Hy van jou vra. Plaas jou vertroue
in Hom. Glo dat Hy jou skuld betaal het – ten volle betaal het. Dis al wat Hy vra.
Glo jy dit?

Jy: Ek: Ja? Nou sê vir Hom vandag, maak seker vandag sodat daar nie weer ‘n dag in jou lewe verby
gaan wat jy daaroor sal wonder nie – sê die volgende hardop…
Jy: Maar hier is ander mense….
Sê dit saggies of gaan iewers privaat, maar sê dit net, jou Vader roep na jou!
“Vader, Here ek glo hierdie boodskap wat ek vandag gehoor het, dat Jesus Christus vir my
sonde betaal het, dat my oordeel reeds op Hom was en dat ek nou vrygespreek is, vry is om
Jou kind te wees. Ek aanvaar en plaas my volle vertroue vir my ewige saligheid nou op
Jesus Christus se voltooide werke. Ek glo dat my sonde vergewe is. Ek glo dat my gees nou
weer gebore is. Dankie Jesus dat jy vir my betaal het. Dankie Jesus dat jy namens my dood
gegaan het. Dankie Jesus dat jy my gered het en dat ek nou in Jou kan lewe. Ek glo dat Jy
opgestaan het en dat jy binnekort weer gaan terugkom. Dankie my Vader dat ek nou die

Ewige Lewe ontvang het en dat my naam in die Boek van die Lewe aangeteken is. Ek sien
daarna uit om Jou beter te leer ken, totdat ek eendag voor Jou mag kom staan.“
Of jy nou eers wedergebore geraak het, of al voorheen reeds, en nou net weer heeltemal seker
gemaak het daarvan – Baie geluk! Jy is oppad Hemel toe en ons sal mekaar daar sien eendag.
Ek sê vandag vir jou– jou sondes is jou vergewe! Jy het ‘n nuutgebore gees ontvang en die ewige
lewe het vandag vir jou begin. Ons Here het belowe in
Johannes 17:3 “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God,
en Jesus Christus wat U gestuur het.”

Hierdie Heilige Gees van Waarheid, wat nou in jou geesmens kom een word het saam met jou
(1 Kor 6:17) sal jou kom leer en lei en vertroos en onderrig in alle Waarheid – dit is Sy belofte
(Joh 16, 1 Joh 2:27). Vetrou Hom.
Hy is jou Abba Vader en Hy is so lief vir jou!
As jy graag hierdie dokument wil hê in ‘n formaat wat al die relevante en toepaslike Bybelverse
uitwys wat gebruik is – stuur gerus ‘n epos na : saved.bornagain@gmail.com en ons stuur dit vir jou.
As hierdie boodskap vandag vir jou iets beteken het, en as jy reeds wedergebore is of sopas geraak
het, is jy welkom om hierdie boodskap te deel met almal wat jy lief het in jou lewe, veral met jou
huisgesin, jou familie en vriende maar ook jou kollegas en die vreemdeling oor wie jy nie seker is of
hy / sy al gered is nie.

Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die
evangelie aan die ganse mensdom.”
“Come my child, come quickly for I am here. I am here now! I have heard you.
You think that I have abandoned you yet I have always been within your reach.
Come to Me my beloved and I will adorn you with my heavenly glory. I am the
Lord your God and I will never ever leave nor forsake you. For you are mine.”

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *