Lasagne

Bestanddele
1 Eetlepel sonneblomolie
500 g Maer beesmaalvleis
1 Gekapte ui
1 Selderystingel met blare fyn gekap
5 ml Gemaalde knoffel
1 Groen soetrissie gesnipper
2 Gerasperde wortels
10 ml Droë tiemie
10 ml Droë gemengde kruie
1x410g Gekapte tamaties
15 ml Tamatiepasta
30 ml Blatjang
5 ml Sout
5 ml Swartpeper
300 g Lasagnevelle
½ Koppie gerasperdekaas

Witsous
3 Eetlepels koekmeel
600 ml Laevet melk
5 ml Worcestersous
5 ml Aangemaakte mosterd
½ Teelepel sout
5 ml Witpeper

Metode:
Verhit een eetlepel van die olie in ‘n pan en braai die vleis bruin. Skep uit en dreineer oortollige vet. Verhit nog ‘n teelepel olie in die pan en braai die ui, seldery, knoffel en soetrissie vir 5 minute. Voeg die wortels, kruie, tamaties, tamatiepasta, blatjang, ½ teelepel sout en die vleis by en roer deur. Bedek en prut vir 45 minute. Voeg die swartpeper by. Skep ‘n lagie witsous in oonbak. Plaas laag lasagnavelle en skep laag vleissous oor. Herhaal tot alles op is. Strooi gerasper kaas bo-oor. Laat rus 10 minute en bak in voorafverhitte oond by 180°C vir 40 minute. Bedien met groenslaai. Lewer 6 tot 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,188 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *