Matt 12V24-26 ~ Ons Aartsvyand

Donderdag 8 Oktober. 2015 Tema: Ons aartsvyand 4
****My eie woorde
****Die Satan word ook as die “owerste” van die duiwels beskou. Hy
is hulle aanvoerder. Sy missie is om Christus en Sy volgelinge te
beveg. As hy Jesus nie eers ‘n kans gegee het nie hoeveel te meer
ons. Verder moet ons nie dink hy ken nie die Bybel nie, hy gebruik
dan juis God se Woord om Jesus tot ‘n val te probeer bring. Tog
Kon Jesus hom antwoord en sê…daar staan OOK geskrywe.
Daarom is dit uiters noodsaaklik dat ons NOOIT een teks gryp en ‘n
evangelie daarom bou nie. Lees altyd die tekse voor en na enige
gegewe gedeelte, anders kan ek en jy mislei word. Ons moet
waak EN bid.

Matt 12V24-26
24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie
anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
25 Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke
koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad
of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
26 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself
verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?

Matt 4V6
6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want
daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en
hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip
stamp nie.
Matteus 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Oktober 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Marilyn Smith 8 Okt
Meisie Grobbelaar 8 Okt
Michelene Eises 8 Okt
Caroline van Heerden 8 Okt.
Hendrik Frey 8 Okt.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *