Nachos Met maalvleis

Bestanddele
500g maalvleis, gaargemaak met knoffel en speserye
1 ui, fyngekap
2 groen soetrissies, fyngekap
2 geel soetrissies, fyngekap
1 teelepel fyn rou knoffel
1 tamatie, fyngekap
1 pak nachos
150g gerasperde Cheddarkaas
150g gerasperde Mozzarellakaas
blaarslaai, fyngekap
250ml suurroom
1 avokado, in blokkies gesny

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade. Plaas die gaar maalvleis in ‘n piramidehoop in die middel van ‘n ronde oondbak. Pak die nachos om die maalvleis. Sprinkel al die rou groente (behalwe die blaarslaai) oor die maalvleis. Gooi die kaas oor die groente en die nachos. Plaas in die oond tot die kaas gesmelt het.
Haal uit die oond en strooi die avokado en blaarslaai oor, en dan die suurroom.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 748 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *