Sjokolade Yskastert

Bestanddele
100 g botter
300 g melk of donkersjokolade, gekap
½ blikkie versoete kondensmelk (eet die res van die blik met ‘n lepel)
200 g brosbeskuitkoekies (Eet-Sum-Mor)
160g Peppermint Crisp Sjokolade, gekap (Ek gebruik ook soms Aero Mint)
80g mini malvalekkers (opsioneel)

Metode
Voer ‘n standaard bakplaat uit met ‘n vel bakpapier en hou eenkant. Plaas die botter, sjokolade en kondensmelk in ‘n mikrogolf-veilige bakkie, en smelt op ‘n medium tot lae hitte tot glad. In ‘n aparte bak, breek die koekies in stukke en kombineer met die Peppermint Crisps wat jy ook fyner gekap het, en malvalekkers (of wat ook al die ander bestanddele wat jy gebruik). Meng die afgekoelde gesmelte sjokolademengsel met die koekie mengsel en roer tot gemeng. Giet in die gevoerde bakplaat en plaas in die yskas tot heeltemal gestol. Haal uit die pan en sny in blokkies.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep? 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 913 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *