Gebraaide-perskes-en-ham-slaai

Deur Herman Lensing
(6 porsies)

Bestanddele
6 perskes, gehalveer
45 ml botter, gesmelt
45 ml bruinsuiker
140 g slaaiblare van jou keuse
140 g parmaham-repies (jy kan ook brosgebraaide spek gebruik)
4 wiele feta
hand vol pampoensade
80 ml olyfolie
hand vol gekapte kruie van jou keuse
sap en skil van 2 suurlemoene
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Smeer perskehalwes met gesmelte botter en doop in bruinsuiker. Plaas op rooster oor warm kole en braai stadig tot suiker gesmelt en perskes goudbruin is. Sit slaaiblare in mooi opdienbak en plaas gebraaide perskes tussenin. Rol parmaham op in spiraalvorms en sit op blare. Krummel feta en pampoensade oor. Meng olyfolie, kruie, sap en skil van suurlemoene en sprinkel oor slaai. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.

Wenk: Jy kan die perskes ook in ‘n warm riffelpan braai met ‘n bietjie olie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 397 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *