Kalkoen in die Weber

Wie hou nou nie van ‘n lekker sappige stukkie kalkoen nie? Hy is perfek as die velletjie so krakerig is saam met ‘n lekker glasie wyn. Een groot kalkoen is nodig vir hierdie resep.

Bestanddele
500g sagte botter
‘n Hand vol tiemie
Roosmaryn
Pietersielie, gekap
5 knoffelhuisies, gekap
Sap en skil van 2 suurlemoene
3 heel suurlemoene, gehalveer
500 ml hoenderaftreksel
6 rooi-uie, in kwarte gesny
4 knoffelknolle, in breedte gehalveer

Metode:
Meng botter, kruie, gekapte knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit die kalkoen in ‘n oondpan wat in ‘n Weber sal pas en smeer die res van die bottermengsel oor. Gooi die aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan. Sit dit in die Weber met medium-warm kole en plaas die deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood.

Laat dit stadig bak vir 3 ure. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook ‘n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul. Om te kyk of kalkoen gaar is, druk ‘n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 462 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *