Lekker Pasta

Bestanddele
500g Penne pasta – Kook dit gaar
1 groot ui fyngekap
300g Kersietamaties – halveer
300g Vars groenbone gehalveer en geblansjeer (tot krakerig). Hou die water
300g Vars sampioene,
500g Russiese worsies, Chourizo is wel meer eksoties, maar russiese worsies werk ewe goed.
1 koppie hoender aftreksel, waarin die bone geblansjeer is.
¾ koppie witwyn
2 teelepels mielieblom
Olyfolie
Knippie gedroogde origanum na smaak
Gemaalde swartpeper

Metode
Braai die worsies in bietjie olyfolie tot mooi bruin.
Haal die worsies uit, koel af en sny skyfies.
Braai die uie in dieselfde pot (met so teelepel bruinsuiker)
Voeg die sampioene by en braai.
Voeg nou die groenbone, tamaties, gesnyde worsies, origanum en swartpeper by.
Voeg die witwyn by en deglacé – die wyn maak alles onder in die pot los.
Kook die wyn vir 3 minute af.
Voeg die mielieblom by die aftreksel en roer goed.
Voeg by en laat die sous oor die vuur verdik
Kombineer alles met die pasta, roer deur en bedien.
Vir ‘n ekstra bederf kan ½ koppie room bykom.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 312 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *