Lukas 5:24-25

ONMIDDELLIKE GEHOORSAAMHEID.

Lukas 5:24-25: “Toe sê Hy vir die verlamde man: ‘Ek sê vir jou: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.’ Onmiddellik het hy voor hulle oë opgestaan, die draagbaar waarop hy gelê het, gevat en terwyl hy God prys, huis toe gegaan.”

Onthou jy die verhaal van die verlamde man wie se vriende hom op die draagbaar deur die huis se dak laat sak het, sodat hy by Jesus kon uitkom? Ek wil vandag jou aandag vestig op die volgende – Jesus gee vir die man ‘n opdrag: Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe. Die man het geweet hy kan nie loop nie. Die Bybel sê nie, maar hy was dalk sy lewe lank verlam. Tog bied hy dit nie as verskoning aan nie. Hy voer doodeenvoudig Jesus se opdrag uit. Hy staan ONMIDDELLIK op, neem sy draagbaar en gaan huistoe.

Wat doen jý met Jesus se opdragte?

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 59 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *