MY STAATMAKER-REK-DIE-RAND-HOENDER-MACARONI-TREFFER

Sarie du Randt se Staatmaker resep

Bestanddele:
1 of meer heel hoeders (hang af van hoeveel monde)
2 Liter Sprite koeldrank
Knopies sampioene in kwarte gesny
Macaroni of pasta van jou keuse
Spek in stukkies gekap en gebraai
Groen, geel en rooi soetrissie ontpit en in blokkies gesny
1 Grooi ui gekap
Olie
Pietersielie droog of vars, op gekap
4 eMayonnaise
Sout
Suurlemoenpeper
Suurlemoen en Rosemary (Ina Paarman)
Room of suurroom
Fetakaas

Metode:
Kook hoender in Sprite en geurmiddels tot dit van die bene afval, ontbeen. Kook weer in die sprite tot geurig. Braai uie, soetrissies in olie. Kook macaroni in soutwater en bietjie olie, wanneer sag spoel af en meng met die soetrissies, uie, sampioene en die oorblywende olie waarin dit gebraai is. Roer die spek en fyngesnyde hoender by. Roer mayonnaise en room by en strooi pietersielie en feta kaas oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 429 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *