So staan die jaar einde se kant toe

So staan die jaar einde se kant toe….(wel vir die skool tenminste)

Ons kan terug kyk en 2 uitkyke hê: Ons kan kyk hoe gesëend ons was met alles wat gebeur het, dinge wat uitgewerk het, ons kinders wat so goed doen en gesond is. Dat ons werk het, dat ons gered is…..maar ek weet vir baie is die tonnel donker en is daar nog nie vir jou lig aan die einde te sien nie. Mag ek vandag vir jou ‘n storie vertel wat ek raak gelees het in die boek “Wat God vir jou wil sê:” deur Jannie le Roux

Daar was ‘n ou donkie van ‘n boer wat eendag in ‘n put geval het. Ure lank het hy patetiese geluide onder uit die put laat hoor. Die boer was raadop. Na lang oorweging besluit die boer dat die donkie oud is en nie die moeite werd is om uit te haal nie. Hy wou buitendien lankal die put toegooi. Hy sê toe sy werksmense aan om die put toe te gooi. Met die eerste aantal grawe vol grond wat op hom val, het die donkie nog sy patetiese geluide laat hoor. Toe word dit stil. Die werkers hou aan grond ingooi, en op ‘n stadium kyk een in die put af om te sien of die donkie al toe is. Tot hulle verbasing sien hulle dat die donkie met elke graaf grond hoër klim. Hy skud net die grond af en gaan staan daarop. So het hulle aangehou gooi, die donkie het aangehou grond afskud en uiteindelik klim die donkie oor die rand van die put.

Jy sien jy bepaal jou eie houding en hoe gelukkig jy wil wees. Niemand kan dit vir jou doen nie. Jy besluit self of jy by die humor of die hartseer, die opbouende of afbrekende, die kreatiewe of kermende aspekte van menswees wil stil staan. Skud al die gemors wat jou lewe versuur en jou skouers laat hang af. Gebruik die negatiewe as boustene vir ‘n suksesvolle lewe. Dis nie altyd maklik om positief te bly deur alles nie, maar dis hoekom God jou omring deur mense wat saam met jou die vrag kan help afskud.

Mag julle hierdie kersseisoen “LIG” wees en die ou dinge aflê en agterlaat. Kyk met nuwe oë elke dag na alles en almal om jou. Sê dankie vir die klein dingetjies dis tog wat ons laat tick!!!

2 Kor 5:17

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 121 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *