1 Kronieke 14:15

Leer om fyn te luister

1 Kronieke 14:15 “En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.” Die Lewende Bybel: “Wag totdat julle bo in die balsembosse ‘n geluid hoor soos manne wat marsjeer, en dan moet julle aanval, want dit beteken dat Ek, julle God, voor julle uit getrek het om die Filistynse leër te vernietig”

Wat ‘n besondere wyse het God vir Dawid laat hoor dat Hy daardie dag daar was om hom te help! In hierdie geval moes Dawid wag totdat hy die geruis van voetstappe in die toppe van die bome gehoor het. Toe Dawid dit hoor het hy geweet die Here is daar om weer ‘n deurbraak te gee. Vir Dawid het die Here reeds ‘n vorige keer ‘n deurbraak gegee teen sy vyande (verse 10,11) Maar toe hulle hom weer aanval, was hy kinderlik genoeg om die Here te vra wat hy moet doen. Moet nooit meen dat God jou elke keer presies soos die vorige keer sal help nie. Maak soos Dawid in vers 14 gemaak het: “Toe raadpleeg Dawid God weer…” Doen jy dieselfde.

Gelukkig het God Sy Gees gegee om ons te lei. Ons lees in Joh. 16:13 “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei…”
Ek weet nie watter soort deurbraak jy soek nie? Is dit ‘n geestelike deurbraak? Moontlik begeer jy ‘n deurbraak in jou besigheid? Of in jou huwelik? Miskien vir jou kinders? Dit kan wees dat jy baie ernstig ‘n deurbraak soek rakende genesing?
Jy sal ‘n deurbraak ervaar as jy kan leer om fyn te luister na die stem van die Gees in jou hart. Maak jou asb. doof vir ander stemme. Ek glo die Heilige Gees sal jou ook waarsku as daar gevaar is wat dreig – teen jou en ook teen hou gesin.

Die Here het jou nie ‘n gees van vrees gegee nie. (2 Tim. 1:7)
Wees verseker dat jy nooit alleen in enige geveg sal wees nie. (Ex. 14:14)
Die stryd behoort aan die Here. (1 Sam. 17:47)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 117 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *