MOSTERD EN UIESLAAI

Met Vergunning Anna Eksteen

Bestanddele
1 kg piekeluitjies
500ml groente of hoenderaftreksel
250ml bruinasyn
30ml mielieblom
60ml bruinsuiker
2 eiers
10ml droë mosterd
5ml gegeurde sout

Metode
Prut die uie in die aftreksel tot sag. Verwyder die uie met ‘n gegleufde lepel en hou eenkant terwyl die sous gemaak word. Voeg die asyn by die aftreksel. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by. Klits die suiker, eiers, mosterd en sout saam. Voeg ‘n klein bietjie van die warm mengsel by die eiermengsel en gooi alles dan terug in een kastrol. Roer voortdurend oor stadige hitte tot die sous verdik. Proe en geur. Giet oor die uie en laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,343 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *