Aartappelgebak met ietsie daarby

Resep ingestuur deur Tertia Tersia

Ek was net moeg vir die gewone knoffelaartappels en slaan toe die aanmekaar, HEERLIK !!!

Bestanddele
Aartappels (Geskil en in dun skyfies gesny – hang af van hoe groot jou bak is, hoeveel aartappels jy gaan benodig)
Spinasie (So 1 groot pak van die wat klaar gesny is)
1 Pak Strepiespek
Knoffel (So veel soos jy van hou)
2 Middelslag uie
Aromat
Peper
1 Liter Room
Gerasperde Cheddarkaas

Metode
Kook die spinasie tot sag en probeer om so veel as moontlik van die water uitgedruk te kry, anders is jou gebak waterig.

Braai die uie en spek tot goed gaar.

Pak ‘n laag aartappels onder in ‘n vuurvaste oondbak.

Sprinkel mildelik met Aromat, Peper en knoffel, strooi die spinasie oor die aartappels, gevolg deur die spek en uiemengsel en dan lekker baie kaas.

Pak nog ‘n laag aartappels, Aromat, Peper, knoffel en kaas.

Gooi room oor en bak ongeveer ‘n uur teen 180 C of totdat aartappels lekker sag is, en room ‘n bietjie dikker gekook het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 755 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *