DANIEL SE TRIFLE:

Met vergunning Anna Eksteen

Bestanddele
1 gebakte Swissroll
4 koppies dik vla (louwarm)
1 pakkie framboosjellie (aangemaak en gestol)
3 groenvye, gekap in stukkies
1 pakkie lemmetjiejellie (aangemaak en gestol)
2 koppies soetwyn (enige soort)
1 pakkie aarbeijellie (aangemaak en gestol)
½ koppie gekapte okkerneute
2 stukke gemmer, in stukkies (wat in stroop lê)
500ml room, styf geklop
3 stukke waatlemoenkonfyt, in stukkies
10 rooi kersies
1 pak Romany Creams of klapperkoekies
“100’s & 1000’s”

Metpde
Pak ‘n deurskynende diep glashouer van bodem tot kant uit met dun gesnyde Swissroll-skywe styf teenmekaar. Giet die soetwyn oor die koek sodat dit deurnat is. Sny die gestolde jellie (al die soorte) in klein blokkies en meng dit. Skep ‘n laag in bak, pak ‘n paar Romany Creams op en gooi stukkies vye, waatlemoenstukke en gemmer bo-op. Gooi dan toe met vla lekker dik. Herhaal proses totdat alles klaar is. Versier met room en kersies en “100’s & 1000’s”. Laat staan vir 10 uur voor eet.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,001 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “DANIEL SE TRIFLE:”

  1. Ruil die jamrol met snye madeira koek en skep ‘n blik karamel kondensmelk teepels gewys by
    old brown sjerrie met ‘n dubbel brandewyn , nagmaalwyn of port sal ook werk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *