Eseg 28V13-17

Hiermee ‘n groot dankie vir diegene wat bydrae tot hierdie bediening.
Mag ons Vader jou seën uit die oorvloed van Sy genade.
Donderdag 3 Desember. 2015 Tema: Belangrike tuine 4
****My eie woorde
**** Die Woord vertel ons van ‘n persoon wat in Eden, die tuin van
God was was, hy was ‘n engel met uitgespreide vlerke met ‘n
spesiale diens van beskutting en beskerming… hy was pragtig en
volmaak totdat daar hoogmoed in sy hart ontstaan het en
uiteindelik het hy ‘n derde van die engele saam met hom verlei. Hoe
tragies dat hierdie engel nou nie meer beskut nie maar daarop uit is
om te verwoes. Hy is vandag nog die bron van rebellie en
hoogmoed.
Eseg 28V13-17
13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes
was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks,
sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk
van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is
hulle berei.14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut,
en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het
gewandel tussen vurige gesteentes.15 Jy was volkome in jou weë
van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou
gevind is.16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou
binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou
as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die
vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!17 Hoogmoedig
het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe
weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou
oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan
sien.
Open 12V4
4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel
meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan
voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind
sou verslind sodra sy gebaar het.
2Kor.11V14
14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n
engel van die lig.
Efesiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie,
maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers
van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
MAAR ONTHOU!!!
1 Johannes 4:4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin,
omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 3 Desember 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Geen bekend
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *