Lukas 6:38:

OPGAARDAM OF KANAAL?

Lukas 6:38: “Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”

God het nie bedoel dat ons opgaardamme moet wees wat al die goeie dinge wat Hy vir ons gee net vir onsself hou nie. Hy het bedoel dat ons kanale moet wees waardeur Sy liefde, genade, goedheid en sorg na ander kan vloei. As jy iemand in nood help, of vir ‘n sieke gaan kuier of die kindjie wie se mamma oorlede is se trane afdroog, is jy ‘n kanaal vir God, jy is Sy hande en Sy voete. Begin dit wat God jou gegee het (liefde, vergifnis, tyd, geld, ensovoorts) met ander deel en sien hoe God Sy belofte nakom om dit veelvuldig vir jou terug te gee!

Here, vergewe my dat ek so baie keer ‘n opgaardam eerder as ‘n kanaal is. Help my om ‘n oop kanaal te wees waardeur alles wat U so menigvuldig vir mý gee, weer na ander kan oorvloei in Jesus Naam.

(Visited 97 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui