Beste burgers

Vickie de Beer en Julia van Maarseveen

Genoeg vir 8

Daar is niks so lekker soos ‘n sappige burger vol geur en smaak nie. Verras jou gesin met hierdie heerlike tuisgemaakte burgers.

Bestanddele
750 g PnP Beesmaalvleis
200 g chorizowors, fyn gekap
10 ml (2 t) gerookte paprika
5 ml (1 t) sout en gemaalde swartpeper
60 ml (1/4 k) PnP Ekstra Suiwer Olyfolie

Gekaramelliseerde uie
60 g PnP Botter
5 PnP Uie, dik gesny
15 ml (1 e) PnP Bruinsuiker

8 Ciabattarolletjies
30 ml PnP Engelse Mosterd
4 PnP Tamaties, gesny
1 PnP Rooi-ui, dun gesny
80 g PnP Watercress en Rocket-mengsel

Metode
1. Meng die maalvleis, chorizo en gerookte paprika en geur met sout en swartpeper.
2. Verhit intussen die botter in ‘n groot pan oor matige hitte. Braai die uie vir 10 min. daarin. Voeg die bruinsuiker by en karamelliseer vir nog 5-10 min.
3. Verhit ‘n riffelpan oor hoë hitte. Vorm groot frikkadelle met die maalvleis en druk effe platter met jou handpalm. Vryf die olyfolie oor die burgers. Braai vir 8 min. aan elke kant of tot goudkleurig en gaar.
4. Sit die burgers op die broodrolletjies saam met Engelse mosterd, tamatie, rooi-ui, slaaiblare en gekaramelliseerde uie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 212 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *