Hebreërs 11:1

DIE NATUUR VAN GELOOF.
Geloof is nie net belangrik nie, dit is absoluut noodsaaklik, want daarsonder kan ek en jy nie vir God behaag nie.

Die logiese vraag is: “Wat is geloof?”

In Hebreërs 11:1 gee die skrywer vir ons die tegniese definisie van Bybelse geloof: “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die donge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” Geloof gaan oor die onsienlike realiteit. Een van die Engelse vertalings sê dit so: “Faith is a conviction of the reality of things we do not see” (Weymouth se vertaling).

Jy dink dalk nou: “Dit is ‘n mooi definisie, maar wat beteken dit nou eintlik?” Goeie vraag! Die antwoord vind ons in die res van Hebreërs 11, waar voorbeelde gegee word van die verskillende maniere waarop mense hulle geloof in God uitgedruk het, want daar is nie net een manier om jou geloof in God te gedemonstreer nie:

* Abel wys ons dat geloof beteken om ons beste vir God te gee. Hy verdien ons eerste en ons beste.
* Henog wys ons dat geloof is om die pad saam met God te stap. Dit is om elke oomblik van jou lewe met God in verbinding te wees, selfs al ervaar en voel jy Hom nie.
* Noag wys ons dat geloof is om voorbereid te wees vir Christus se wederkoms asof dit vandag gaan plaasvind, selfs wanneer dit lyk of daar geen bewyse is dat dit gaan gebeur nie.
* Abraham wys ons dat geloof is om gehoorsaam te wees aan God, selfs wanneer jy nie weet waarheen Hy jou lei nie.
* Sara wys ons dat geloof is om God se beloftes te aanvaar, selfs wanneer “Nooit nie!”, die wêreld se opinie is.
* Moses wys ons dat geloof is om die lewe in die lig van die ewigheid te leef en om jou fokus op die ewigheid toe te laat om al die besluite in jou lewe te beïnvloed.

Neem vandag die besluit om ‘n lewe van geloof te leef. As jy dit doen, sal jy werklik vir God behaag!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 117 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *