Jos. 3 V9

Woensdag 20 Januarie 2016 Tema: Water water water 3
**** My eie woorde
**** Toe die volk voor die Jordaan se water te staan kom lyk
dit onoorkombaar. Toe gee die Here ‘n opdrag. Die
Priesters moes ‘n geloofstap neem en glo dat God die
waters sal oopmaak. Miskien moet ek en jy ook vandag
die Here onvoorwaardelik vertrou, eers dan sal die Jordaan
se water wat voor jou lê oopgaan. Onthou hulle moes eers in
die water tree toe gaan dit oop. Wanneer jy vandag se
getuienis lees, sien jy dat die dame dokters toe moes gaan
maar die HERE het dit geseën.

Jos. 3 V9 Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader,
luister na die woorde van die Here julle God!” V13
Wanneer die voetsole van die priesters aan die Jordaan se
water raak, die priesters wat die ark van die Here dra, die
Here van die hele aarde, sal die water van die Jordaan wat
afkom, afgesny word en op een hoop gaan staan.”

GETUIENISSE en TERUGVOER
RG van Namibië getuig:
Ek wil graag met jou deel ek is opgewonde want die Here het my
gesond gemaak. Ek was 20 Augustus 2015 gediagnoseer met
borskanker en het op die 7de September ‘n dubbel mastektomie
gehad. Op die 14de September is n veloorplanting gedoen ‘n flap
van agter my rug is oorgeplant oor my regterbors. Ek was by
verskeie dokters en tans wys my bloed toetse normaal. Ek maak die
chemo nou klaar en kry Donderdag die 21ste my tweede laaste
chemo dan moet ek 6weke bestraling kry elke dag vir 6minute. Ek
wil net sê die Here is groot en Hy luister wanneer ons met hom
praat. Die Here het my gesond gemak prys Sy Naam en ek weet Hy
sal my deur die bestraling vat. Ek wil net sê wat ook al jou probleem
is weet dat God groter is as jou omstandighede. “God is in control.”
Baie dankie vir jou dagstukkies dit beteken vir my baie.

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek
plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20 Januarie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag
Anthea Savahl 20 Jan
Daniel Rezant 20 Jan.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 121 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *