KARAMEL – TAPIOKA ROOM:

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
500ml bruinsuiker
500ml melk
300ml geweekte tapioka
25ml botter
410g ingemaakte pere, gedreineer en verpulp
50ml suurlemoensap
3 ekstra groot eiers, geskei
5ml vanielje geursel
knippie sout

Metode
Gooi botter en bruinsuiker in kastrol en verhit totdat die mengsel verdonker. Voeg die melk stadig by terwyl gedurig geroer word totdat suikerkaramel opgelos is. Voeg die sout en geweekte tapioka by en kook tot dit gaar en deursigtig is. Klits die eiergele tot lig en voeg van die warm mengsel stadig by die eiergele en meng goed. Voeg dit dan alles by die orige tapiokamengsel. Roer en kook sowat 3 minute lank. Voeg die vrugtemoes, vanieljegeursel en suurlemoensap by en laat heeltemal afkoel. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in en skep in glasbak. Bedien bedien met room.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 240 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *