Liplekker Tee

Vickie de Beer

Kruietee word al eeue lank ter wille van die medisinale eienskappe daarin gedrink. Meng jou eie geurige ystee-kombinasies en hou dit in die yskas.

Hibiskus-ystee
Genoeg vir 500 ml

Hibiskus is propvol vitamien C en kan ook help om bloeddruk te verlaag.

• 3 hibiskus-teesakkies
• handjie vol goji-bessies
• handjie vol droë roosblare of -knoppies
• 30 ml heuning

1 Sit die tee, bessies, blare en heuning in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel. Gooi in ’n digsluitende beker en sit vir 2 uur in die yskas.
3 Skink in ’n glas vol fyn gekapte ys.

Helende Rooibos-ystee
Genoeg vir 500 ml

Rooibos het kankerwerende eienskappe en gemmer werk ontsteking teë. Kaneel beveg virusse en verlaag cholesterol. Drink die sappie sommer elke oggend.

• 3 cm-gemmer, geskil en gesny
• 2 kaneelstokkies
• 30 ml heuning
• 4 sakkies rooibos
• 1 lemoen, in dun skywe gesny

1 Sit die gemmer, kaneel, heuning, rooibos en lemoen in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel. Sit vir 2 uur of oornag in die yskas.
3 Sit voor met fyn gekapte ys.

Kalmerende kamille-ystee
Genoeg vir 500 ml

Kamille is anti-bakteries en maak jou rustig. Dit is ook goed vir jou spysverteringstelsel. Drink dit saans ná ete en net voor slaaptyd.

• 2 droë aloe vera-blare
• 1 sitroengrasstingel, middeldeur gesny
• 3 sakkies kamilletee
• 1 lemmetjie, in skywe gesny
• handjie vol kruisementblare

1 Sit die aloe vera, sitroengras, kamilletee, lemmetjies en kruisement in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor.
2 Laat trek en afkoel.
3 Sit vir 2 uur of oornag in die yskas.
4 Sit voor met fyn gekapte ys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 283 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *