Ps. 139:1

Donderdag 14 Januarie 2016 Tema: Nuwe begin 4
**** My eie woorde
**** In vanoggend se gedeelte sien ons opnuut hoe Dawid
besef dat ons Skepper God alwetend is. Niks is vir Hom
verborge nie. Wat ’n voorreg om so wonderlike Heerser in ons
lewens te hê. Toe jy vanmôre wakker geword het toe weet hy
hoe jou dag gaan verloop. Onthou net Hy is nie ‘n indringer
nie, ek en jy moet Hom toestemming gee en dis dan ook wat
Dawid in die laaste deel skryf en waar ek en jy vanmôre moet
stilstaan en dit oordink. Is ek en jy bereid om met ’n ope hart
Hom toestemming te gee om my lewe te kom deurgrond en te
ondersoek
Ps. 139:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U
deurgrond en ken my. 2 U ken my sit en my opstaan; U
verstaan van ver my gedagte. 3 U deurvors my gaan en my lê,
en U is met al my weë goed bekend. 4 Want daar is nog geen
woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.
5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan
daar nie by nie.
Ps 139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en
ken my gedagtes; 24 en kyk of daar by my ‘n weg is van
smart, en lei my op die ewige weg!
Rev 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my
stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en
saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Januarie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag 
H Swart 14 Jan
Hettie Avenant 14 Jan
Thea Heyns 14 Jan
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 64 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *