Vinnige Tunagebak

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele
200 g Groot skulpnoedels
185 g Blikkie tuna in olie
30 g Botter
5 ml Italiaanse kruie
2 Seldery stingels gekef
1 Groen soetrissie gekerf
2 Groot ui gekerf
1 Blikkie sampioensop250 ml Melk
250 ml Gerasperde chessarkaas
60 ml Gekapte pietersielie
3 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
½ Koppie gerasperde kaas vir bolaag
5 ml Paprika

Metode:
Kook die noedels in soutwater vir 12 minute. En dreineer.
Gooi bietjie olie oor en roer deur.
Dreineer die tuna in ‘n kastrol en voeg die botter by die olie.
Braai die ui, soetrissie en kruie in die tune olie en botter.
Voeg die sop en melk by en roer tot dit begin kook.
Haal die kastrol van die hitte af en voeg die tuna, kaas en pasta by.
Roer die pietersielie, sout en peper in en skep in ‘n oondvaste bak.
Sprinkel die res van die kaas en die paprika oor en bak teen 180°C vir 30 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 817 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *