1Tim 4:11

Donderdag 25 Feb. 2016 Tema: In God se Wagkamer 4
**** My eie woorde
**** In God se wagkamer is daar net Een om mee te praat.
Daar is net Een wat regtig verstaan. Dis nie nou die tyd om
Hom te vertel wat Hy moet doen en hoe Hy dit moet doen nie.
Dis die tyd om met vrymoedigheid Sy troon te nader juis om
genade en barmhartigheid te vind. Hy weet reeds alles en
waarom jy nou in die wagkamer saam met Hom is. Ek sien in
hierdie tye van nood hoe sovele jongmense in hulle nood
hande vat en bid. Mag ons Vader gee dat wanneer die nood
verby is hulle steeds sal bid en nie dan terugkeer na die ydel
plesier nie. “ Mens is net een maal jonk “ Tog kyk wat vind
mens as jy in God se wagkamer is al is jy jonk….

1Tim 4:11 Beveel en leer hierdie dinge. v12 Laat niemand jou
jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges
in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons
swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte
versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Heb 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van
die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en
genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Feb. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Madel Ashenden 25 Feb
Johan van Niekerk 25 Feb.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *