Bettie se Hoenderkebabs

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Betsanddele
500g Hoendervleis blokkies gesny
5ml Sout
5ml Varsgemaalde swartpeper
16 Droë appelkose in sjerrie geweek vir 15 minute
4 Appelringe in kwart gesny
8 Spekvleisrepies in helfte gesny
1 Groot groen soetrissie blokkies gesny
1 Ui in kwarte gesny

Bestanddele Marinade:
150ml Kookolie
20ml Aangemaakte mosterd
20ml Worcestersous
10ml Tabascosous
15ml Sojasous
50ml Brandewyn
10ml Fyn Klapper
10ml Suurlemoensap
5ml Suurlemoenpeper

Metode:
Geur die hoender met sout en peper.
Rol die vleis in die spek toe.
Week die appelkose en appels in genoeg vloeistof om te bedek vir 1 uur.
Dreineer en hou eenkant.
Verwyder die sampioene se stingels en gooi kookwater oor die sampioene.
Laat staan 10 minute en dreineer.
Klits die bestanddele vir die marinade saam in ‘n glas houer.
Breek die ui los.
Ryg die bestanddele om die beurt op 8 sosatiestokkies en plaas in bak met deksel.
Bedek die kebabs met die marinade en marineer 24 uur in die yskas.
Braai oor matige kole vir 8 minute. Lewer 8 kebabs.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 233 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *