Blitsvinnige melktert

Ingestuur deur Lydia Gerber

Bestanddele
1 liter melk
2 teelepels vanilla 1 eetl margarien
1 kop suiker Knypie sout Bring tot kookpunt.
3eetl mazeina of 3 eetl vlapoeier 3 eetl meel
3 eiergele (hou eierwitte eenkant)

Metode
Meng en gooi by gekookte melk. Roer vinnig tot dit dik is, draai plaat stadig. Klits 3 eierwitte styf en voeg by mengsel. Baie belangrik, dit maak dit vulsel “lig en romerig” .Skep in voorafgebakte tertdeeg, ek pak sommer tennisbeskuitjies in bak of maak 1 pakkie tennisbeskuitjies fyn met 100gr gesmelte botter en druk vas in tertbak, en voeg melktertmengsel stadig daarop. Strooi bietjie kaneel bo-oor. Sit in yskas om te stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 680 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *