Hoender-En-Pastaslaai

Ingestuur deur Lynette

Hoender gee heerlike lyf aan slaai en verander dit dadelik van ’n bykos in ’n ligte gereg.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute

4-6 hoenderborsfilette
sonder vel
sout en peper
olie
sap en skil van 1 suurlemoen
250 g penne-pasta
5 ml (1 t) Italiaanse geurselsprinkel`
1 pak slaaiblare
125 ml (½ k) mozzarella- of bocconcini-kaas, in stukke geskeur
125 ml (½ k) swartolywe, ontpit
45 ml (3 e) Italiaanse slaaisous
Metode
Geur die hoenderborsies met sout en peper en braai in ’n bietjie verhitte olie tot sag en gaar. Giet die suurlemoensap en -skil oor terwyl dit braai.
Kook die pasta tot gaar en al dente. Dreineer. Sprinkel geurselsprinkel oor.
Pak die slaaiblare op ’n dienbord.
Meng die hoender en pasta, voeg die res van die bestanddele by en rangskik op die blare.
Giet die slaaisous oor.
WENK
Pleks van braai kan jy die hoender gaar stoom en dit met ’n vurk in stukke skeur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,176 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *