LEKKER BRAAIGEREG

Ingestuur deur Lynette

Bestanddele
Baba aartappels, baba uitjies, sampioene, spek en feta.

Metode
Baba aartappels (met skil aan) en 10 klein baba uitjies (geskil) (uie is opsioneel) gekook met sout tot sag.

Intussen snipper n pakkie spek fyn en 1 tot 2 groot uie gekap gebraai tot bros. Die olie afgedreineer en eenkant gehou.

Sny halwe pak sampioene, net in die helfte braai in die spek se olie met so ‘n bietjie wostersous/soyasous gesprinkel.

Die sampioene moet net effe gebraai word, dit moet nie gekrimp en pap sag wees nie.
(Hou nou die gereg warm in die lou-oond tot net voor opdiening of maak op defrost warm voor opdiening).

Meng alles liggies deur en meng dan ‘n halwe koppie botter, 2 teelepels knoffelvlokkies (opsioneel), sout en peper en 2 teelepels pietersielie in ‘n koppie. Bring die in die mikrogolf tot kookpunt.

Net voor opdiening, roer liggies deur. Gooi botter en knoffelmengsel oor, en gooi dan blokkies fetakaas, gekapte spruit uie, vars stukkies pietersielie en ‘n paar mixed sprouts (opsioneel) oor.

Hierdie is genoeg vir 8 grootmense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 536 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *