Matt 14:28

Dinsdag 9 Februarie 2016 Tema: In my Nood 2
**** My eie woorde
**** Ons gaan aan met gister se verhaal. Jesus kom op die see
aangeloop. Hy sê hulle moenie vrees nie dit is Hy en nou gaan
die verhaal aan waar voortvarende Petrus wys hoe min hy
eintlik glo. Eerstens sê hy “ as dit U is” Tog kom Jesus sy
ongeloof te hulp en waarlik Petrus stap op die water. Dan kyk
Petrus na die sterk wind en sy twyfel haal hom in. Die
interessante deel is juis dit, toe Petrus bang word , sink hy. Jy
sien vrees angs en kommer is Satan se beste wapens want
dan kyk ons na die winde van omstandighede en ons kyk weg
van Jesus af. Die beste deel is juis toe Petrus begin sink roep
hy uit : “ Here red my” Wat doen Jesus toe? Hy verwyt nie vir
Petrus en sê .. ja dis jou eie skuld nie, nee, dit sê Hy steek
DADELIK Sy hand uit en het hom GEGRYP . Daarna vermaan
Hy hom omdat hy kleingelowig was. Wanneer hulle dan in die
skuit klim val die ander voor Hom neer en sê: Waarlik U is die
Seun van God
Matt 14:28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is,
beveel my om op die water na U te kom. v29 En Hy sê: Kom!
Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na
Jesus te gaan. v30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy
bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red
my! v31 En Jesus het dadelik Sy hand uitgesteek en hom
gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy
getwyfel? v32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het
gaan lê. v33 Toe kom die wat in die skuit was, en val voor
Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!
**** Hoe dikwels kyk ek en jy na die storms van die lewe en
angs vrees en kommer pak ons beet en ons begin twyfel .
Wanneer ons begin “sink” roep ons uit en die HERE steek SY
hand uit en help ons. Hoe het die HERE ons pleit stemme om
reën gehoor. Nou staan ons weer voor die Parlement se
Opening toesprake met al die politieke stemme wat opgaan.
Kom ons vat opnuut God se hand en weet in geloof wie by ons
is. As Hy reën kan gee tydens droogte kan Hy ons bewaar in
onheil en gevaar. In jou nood sal Hy uitkoms gee as jy waarlik
na hom roep.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Februarie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Hannelie Stadler 9 Feb
Maryna Mostert 9 Feb.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *