Nigel CPF se Tuna tert

Op die groep geplaas deur Annalien.

Bestanddele
2 Blikkies Tune gedreineer
1 Groot pak kaas en uie skyfies
Halwe stukkie green pepper opgekap
1 ui fyngesny
100 ml blatjang
100 ml mayo
150 ml melk
3 eiers
1 koppie kaas

Metode
Braai die ui en greenpepper tot sag.
In ‘n aparte bakkie meng die eiers, mayo, melk, en blatjang saam. Die mengsel sal verdik.
Gooi tuna in mengbak.
Maak die skyfies fyn en gooi saam met tuna.
Gooi nou die kaas by.
Voeg nou die ui by.
Gooi nou die melkmengsel by en meng goed.
Spuit oonbak met spray en cook.
Gooi die mengsel in onndbak en bak vir ongeveer vir 30 minute teen 180 grade.

Wenk
Bedien saam met ‘n groen slaai.
As daar van die tert oorbly sit in die yskas en eet die volgende dag. Dan is die tert eers lekker.
Die volgende kan ook gebruik word:
Mozerella Kaas
Bully Beef
fyn Hoender
Gekapte Ham
Bacon
Maalvleis

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 494 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *