Pide Broodtjies Gevul met Maalvleis

Ingestuur deur Jan van Niekerk gekry uit die Huisgenoot

Pide Broodtjies Gevul met Maalvleis
Pide is ’n Turkse gereg van pizzadeeg wat soos ’n pantoffel gevorm is met ’n soutige vulsel.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.

Bestanddele:
Deeg
5 g Gis
5 ml (1 t) Suiker
100 ml Louwarm water
250 ml (1 k) Meel
5 ml (1 t) Sout
1 Eiergeel gemeng met
5 ml (1 t) Water

Vulsel
300 g Maalvleis, gaar
1 Suurlemoen, skil
2 Hande vol spinasie, gekap
5 ml (1 t) Vinkelsaad
5 ml (1 t) Fyn koljander
’n Hand vol pietersielie

Metode:
Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
Deeg
Sit al die bestanddele in ’n bak en meng tot ’n deeg vorm. Keer dit uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 5 min. of tot glad. Laat staanr 30 min. op ’n warm plek of tot die grootte verdubbel het.

Vulsel
Meng al die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
Verdeel die deeg in die helfte en rol elkeen in ’n reghoek uit. Skep die helfte van die vulsel in die middel van elkeen. Vou dan albei kante oor terwyl jy ’n gaping in die middel los en knyp die punte saam.
Plaas op ’n gesmeerde bakplaat, verf met die eierwas en bak 10 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau (Huidgenoot)

Geurige Maalvleis op Roosterbrood
Whats For Dinner

Bestanddele:
6 Snye roosterbrood
500 g Beesmaalvleis
1 Ui opgekap
30 ml Olie
1 Groen soetrissie
1 KNORR Savoury Mince Dry Cook In Sauce
350 ml Water

Metde:
Verhit die olie in ‘n diep pan op medium hitte en braai die ui en rissie tot sag.
Verhoog die hitte ne voeg die vleis by.
Braai die vleis vir 12 minute en roer aanhoudend o klonte op te los.
Voeg die water en pakkie KNORR Cook in Sauce by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut vir 20 minue.
Bedien op roosterbrood

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 251 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *