Psalm 50:15

GOD WIL ONS UITHELP.

In Psalm 50:15 bevestig God: “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

In vers 6 van Psalm 50 sien ons dat God regverdig is en Hy is die regter.
In vers 12 van Psalm 50 sien ons dat die aarde en alles wat daarop is, aan God behoort.
In vers 14 van Psalm 50 sien ons dat ons ‘n lofoffer aan God moet bring.

Vers 23 van Psalm 50 leer ons verder: “Die mens wat My eer, is die een wat lof as ‘n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.”

Ons beleef almal een of ander tyd maar swaar en harde tye.
Hierdie swaar en harde tye verteenwoordig geleenthede.
Dit skep geleenthede om totaal op God te vertrou.
Soos wat ons op Hom vertrou, kom Hy en red Hy ons.
God wil ons uithelp. Hy kan ons uithelp. Hy gaan ons uithelp.

Maak nie saak wat die omstandighede is waarin jy verkeer nie, gee dit aan God om te hanteer. Na die positiewe uitkoms word dit verlang dat jy God daarvoor sal eer en alle lof aan Hom sal toebring.

Vader, ek plaas al my vertroue in U. Verlos my van die omstandighede, waarvan U kennis dra, wat my so te na kom. Dankie vir die bevryding wat ek ontvang. Ek loof, eer en prys U daarvoor. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 88 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *