Psalms 91:14

Woensdag 17 Feb. 2016 Tema: Hy vra: “Het jy My lief” 3
**** My eie woorde
**** In elke aspek van die samelewing hoor ons deesdae wat
mense se regte is. Selfs ons kinders op skool word geleer wat
hulle reg is. Tog sê die Woord van die Here ook, dat ons wat
Hom lief het ‘n reg het. U sien in God se raamwerk is daar ‘n
voorwaarde , maar in die samelewing is dit totaal omgekeerd.
Wanneer ek die wet oortree en ‘n roekelose lewe lei, verval my
regte, of so behoort dit te wees, juis as ‘n tug sodat ek insig in
my verkeerde optrede kan sien. Die Here sê dan tereg ook so,
dat as ons Hom lief het SAL Hy ons red, en SAL Hy ons
beskerm. Dawid beroep hom op die Here en herinner Hom aan
dié reg….omdat hy aan die voorwaarde voldoen. My vraag is,
hoeveel van ons beroep ons op die regte…..maar ons kom nie
die voorwaarde na nie. O! ja ons Sê almal dat ons Hom lief het
met alles wat in ons is, maar onthou wat ek altyd sê “ talk is
cheap” Om iets te sê, is mos maklik maar as dit opoffering eis,
as dit my gemaksone omkeer …dis ‘n ander ding, dan verdwyn
my liefde vir God soos die mis voor die son en ek kan baie
vinnig verduidelik waarom Hy dan moet verstaan. Juis daarom,
as God toelaat dat jy verwond word weet net dit, Sy doel is
uiteindelik my en jou redding vir Sy Koninkryk.
Psalms 91:14
Omdat hy My lief het, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek
sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psalms 119:132 Wend U tot my en wees my genadig
volgens die reg van die wat u Naam lief het.
1 Johannes 3:7 My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie
die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.
Spreuke 3:12
want die HERE tugtig hom wat Hy lief het, ja, soos ‘n vader
die seun in wie hy behae het.
Spreuke 12:1 Een wat die tug lief het, het kennis lief; maar
wie die teregwysing haat, is dom.
Spreuke 27:6 Die wonde deur een wat lief het, is opreg
bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.
Filippense 1:6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n
goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van
Jesus Christus;
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 Feb. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Gailin Engelbrecht 17 Feb.
Daan Brümmer 17 Feb
Ann Purvis 17 Feb
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *