Skaaptjops in karringmelk marinade

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele
1 Eetlepel sonneblomolie
Sap en skil van 1 suurlemoen
½ Koppie karringmelk
3ml Gemaalde knoffel
5ml Droë pietersielie
10ml Paprika
5ml Koljander
5ml Komyn
5nl Sout
6 160 tot 200g Skaaptjops vet verwyder

Metode:
Meng al die bestanddele vir die marinade.
Plaas die vleis in ‘n marinadebak en giet die sous oor.
Marineer vir 1 uur in die yskas.
Braai oor matige kole vir 8 minute aan ‘n kant.
Bedien met oondgebakte skyfies en slaai van jou keuse.
Lewer 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 558 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *